Bestanddele:
- 1 koppie koekmeel
- 1 eetlepel botter
- 1 eetlepel appelkooskonfyt
- 1 teelepel koeksoda
- ¼ koppie melk
- 1 koppie suiker
- 2 koppies koue water
- 1 teelepel kaneel of gemmer
- Knippie sout
Instruksies:
- Los die koeksoda op in die melk en hou dit eenkant.
- Verhit die suiker saam met die koue water in ’n kastrol en voeg die kaneel (of gemmer) by. Roer totdat die suiker opgelos is – dit vorm jou stroop.
- Smelt die botter en meng dit saam met die appelkooskonfyt.
- Voeg die botter- en konfytmengsel by die koekmeel en roer goed deur.
- Voeg nou die melk met opgeloste koeksoda by die meelmengsel, en roer totdat dit ’n stywe deeg vorm. Moenie skrik nie, dit moet so wees!
- Skep lepels vol van die deeg in die koue stroop in die kastrol.
- Laat dit prut oor stadige tot matige hitte – moenie die deksel te gou oplig nie.
- Bedien die poeding warm, verkieslik met ’n bietjie vla.