'n Les in Afrikaanse Semantiek

Een van die interessantste, kleurvolste woorde in Afrikaans is die leenwoord fok en sy familie. Dis 'n towerwoord wat, bloot deur sy klank, vreugde of pyn, liefde of haat, ontdekking of frustrasie kan weergee. Fok is een van die min woorde wat die funksie van byna alle woordsoorte kan vervul.

Dit word as oorganklike werkwoord gebruik (Fok die hele spul), en as onoorganklike werkwoord (Ag fok), as bevel (Fok dit!), in die bedrywende vorm (Dit het my gefok), sowel as die lydende vorm (Nou is jy heeltemal gefok), as die hoofelement in 'n hele reeks skeibare werkwoorde (aanfok,opfok, uitfok, toefok, voortfok, byfok, agteroorfok, agternafok, ens.), of as stam van 'n werkwoord (Nou het jy die hele ding befok).



As abstrakte selfstandige naamwoord (Ek gee nie 'n fok om nie), of as persoonsnaam (Het jy gesien wat die fokker probeer doen?), as nabepaling by 'n vraagwoord (Hoe de fok, wie de fok, hoekom de fok, wanneer de fok, ens.), as byvoeglike naamwoord (Waar moet ek die fokken tyd vandaankry?), as bywoord (Dis nou 'n fokken mooi grap), en as uitroep (O fok!). Selfs ook as invoegsel (Onge-fokken-looflik). Dit kan ook in homself ingevoeg word (Nou is jy be-fokken-fok). Hierdie Afrikaanse woord kan gebruik word om wyd uiteenlopende situasies te beskryf:

 

Verrassing: Hoe de fok gaan dit met jou?
Bedrog: Die motorhawe het my befok.
Ontsteltenis: Ag fokkit!
Moeilikheid: Nou is ek in my moer in gefok.
Aggressie: Fok jou!
Meer Aggressie: Ek gaan jou opfok!
Moedeloosheid: Hoe de fok moet ek dit regkry?
Walging Fok my!
Plesier Fok my nog!
Wanbegrip Ek fokken verstaan nie.
Inkompetensie: Nou het jy dit opgefok!
Gesag: Wat de fok dink jy doen jy?
Verdwaal: Nou weet ek not 'n fok waar ek is nie.
Identiteit: Wie de fok dink jy is jy?
Oortuiging: Onge-fokken-twyfeld!


Dit kan horlosietyd beskryf (presies half-fokken-vyf), of omstandighede (Hoe het ek in hierdie fokken job beland?), of persone (Jan Fokken Smuts), of dinge (Kyk hoe lyk jou fokken skoene!), of plekke (Tot in fokken Durban), of dit kan die siel van 'n uitnodiging wees wat van hartlikheid drup (Fok u!).

Hier is 'n paar belangrike, geskiedkundige gebruike van die woord fok:

 

Michelangelo "Wil jy dat ek op die fokken plafon verf?"
Einstein "Enige dom fokker kan dit verstaan."
Kaptein van die Titanic "Fok die ysberge en fok voort volstoom!"
Nagasaki Burgermeester "Wat de fok was dit?"
Keiser Nero "Waar kom al daai fokken rook vandaan?"
Kaptein Scott van Antarktika "Fok, maar dis koud!"
Hendrik Verwoerdt "Is dit regtig 'n fokken geweer?"
Paul Kruger "Eina, my fokken duim!"
Anne Boleyn "Koppe gaan fokken rol."
Julius Caesar "Fok tu, Brute!"
Zuma "Wie gaan fokken weet?"
Allan Boesak "Dis mos net 'n fokken paar miljoen rand"
Niki Lauda "Ek het mos gedínk dat ek fokken petrol geruik het!"
Picasso "Dit fokken lyk soos fokken haar"
Jan van Riebeeck "Waar de fok is ons nou?"
Direkteur van Chernobyl "O, fok!"
Michael Jackson "Ek het 'n fokken vel-probleem"
Pythagoras "Hoe de fok het jy dit uitgewerk?"
Jean de Arc "Dit sal seker nie fokken reën nie, nê?"
George Bush "Fko! Ek kannie spel nie."
Miss Marples "Ek het nie 'n fokken clue nie."
Noag "Gedeeltelik bewolk se fok - dit gaan fokken reën!"
Leonardo da Vinci "Noem jy dit 'n fokken glimlag?"
Willem Tel "Staan fokken stil, Boetie."
Thabo mBeki "Wie gee 'n fok omtrent VIGS?"
Richard Nixon "Ek is nie 'n fokken kroek nie!"
Liewe Heksie "Waar is daai fokken kabouter nou weer?"